http://geloftevolk-republikeine-weskaap.page.tl/
Gestbook ONS Gaste Boekie G R LINKS
Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis

Geloftevolk Republikeine WesKaap

  • Tuis
  • Contact
  • Guestbook
  • G R Groepe
  • Gallery
  • Link list
  • Toplist
  • Board
  • Ons Volk ons Land
  • Cape Town South Africa
  • GRWeskaap Nuusblad
  • Polls
  • Newsletter
  • DIE POSDUIF

Tuis




Ons Webwerf in die SA
http://www.geloftevolkrepublikeine.org/index.php



Wie is die Geloftevolk Republikeine

Ons is die enigste volk wat met ons hemelse Vader Geloftes gesluit het - vandaar die naam Geloftevolk Rebublikeine

Die Geloftevolk was in die verlede, maar bly ook in die toekoms verbind met die Skepper van Hemel en aarde, die GOD van Abraham, Isak en Jakob. 

Ons herdenk en kom ons Geloftes wat ons voorvaders, die Boervolk, met ons God aangegaan het, naamlik: 

Die Gelofte van Jan van Riebeeck - 6 April 1654

Die Gelofte van Sarel Cilliers        - 9 - 15 Desember 1838

Die Gelofte van Paardekraal         - 11 Desember 1880 

Geloftevolk Republikeine is 'n volk in eie reg met sy eie taal, eie godsdiens en eie kultuur en sal vreesloos op elke manier denkbaar volhard om te veg vir die soewereiniteit en voortbestaan van die Boervolk. Unieke eienskappe van die Boervolk is 'n ewigdurende geloof en nouste verbintenis met God, gasvryheid, vriendelikheid, toewyding, vredenliewendheid, streng dissipline, 1 ste wereld standaarde, streng beskaafde etniese notme en morele waardes getrou aan uit die Skrif en 'n onblusbare strewe na vryheid sodat die Boervolk oor homself kan regeer in 'n eie vaderland. 

Die Geloftevolk Republikeine erken elke volk se reg op selfbeskikking en eis dit ook onwrikbaar ten opsigte van die Boervolk. Geloftevolk Republikeine sal hul nooit vereenselwig of tuis voel nie in 'n land van moord, die barbaarse, onbeskaafde wreedheid van plaasaanvalle, toenemende verkragtings, roof, huisbraak, korrupsie, wetteloosheid, miskenning van wettige eiendomsreg, SA se status van misdaadhoofstad van die wereld en kwynende infrastruktuur wat duidelik die seen en goedkeuring van die etniese volke in Suid-Afrika wegdra, maar onaanvaarbaaris vir 'n ontwikkelde volk soos die Boervolk. 

Die meer as 'n miljoen volksgenote van die Geloftevolk wat sedert 1994 uit SA gevlug het, is 'n tragiese verlies van kundigheid vir die Boervolk. Geloftevolk Republikeine is verbind tot die versorging van die 600 000 volksgenote wat werkloos in plakkerskampe sonder werk verhonger. Daardie mense bly bloed van die Boervolk se bloed en hulle is die naaste en volksgenote van die Boervolk, totdat hulle uit vrye keuse by 'n ander volk aansluit. 

Indien daar Afrikaners/ Afrikaanses is wat hulself beskikbaar stel vir assimlilasie in die Suid- Afrikaanse nasie wat "in aanbou" is, staan dit hulle vry om, ( sooswat enige persoon die reg het ) self te besluit waar en in watter omstandighede hy/sy wil woon en waar burgerskap aanvaar word. 

Geloftevolk Republikeine streef die herstel van 'n vrye Boere - Republiek na, 'n eie land waarin die Boervolk homself kan regeer, sy eie hoe standaarde kan instel, sy eie waardes kan uitleef en die Boervolk se voortbestaan noodwendig volgens die beginsels en riglyne van die Heilige Skrif, kan volhou 

Die Geloftevolk Republikeine is trots op die Boervolk se roemryke volksgeskiedenis en is nie bereid om die hand van God te misken in al die veldslae wat met Sy hulp gewen is deur die Boervolk se voorvaders nie. Soos die Republikeine weggetrek het uit die Britse onderdrukking in die Kaap ( 1837 ) , soos die Republikeine twee vryheidsoorloe geveg het teen besetting deur imperiale kolonialiste, soos die Republikeine in 1948 die oorwinning behaal het by die stembus, so sal die Geloftevolk Republikeine ywerig en doelgerig werk om onder die gesag van vreemde volkere uit te kom en die verwesenliking van soewereiniteit/ selfbeskikking vir die Boervolk met toewyding en vasbeslotenheid, volhardend vasberade te bewerkstellig.

 

Die Geloftevolk Republikeine verklaar 

Ons Glo

 

1. In God die Almagtige - Skepper van Hemel en aarde.

2. In die Wet van God as riglyn om gelykvormig te word aan Sy seun.

3. En bely dat God van Abraham, Isak en Jakob, ons God is en dat Sy Seun vir ons sondes gesterf het, sodat ons vir ewig kan lewe in liggaam en dan in Gees.

4. Dat ons die reg het om ons God, ons volk en ons kultuur binne ons eie vaderland te dien en oor onsself te regeer.

5. En ons ag onsself gebonde aan die Gelofte van Jan van Riebeeck, van Bloedrivier en van Paardekraal wat deur ons voorvaders afgele is.

6. Dat ons volk in Suid Afrika se veelvolkige verkiesings net van een gevolg seker is, naamlik dat daar nie eens die geringe kans is om te wen, sodat ons volk se belange kan voorrang geniet nie.

7. Dat ons onself moet voorberei teen die dreigende en toenemende aanslae op die lewens van ons Boerevolksgenote en ons Boervolk se voortbestaan, sodat ons onsself kan verdedig in die Naam van ons God.

8. Dat die verlede bewys het dat, die Boervolk, in staat is om oor onsself te regeer in 'n soewereine staat en dat slegs die vernietigingsdrang en die hebsug van die huidige regering, in ons pad staan om 'n eie vaderland te verkry.

9. Dat ons geroepe is om ons Boervolk uit te lei uit die misdaadnes waarin die Boervolk homself bevind.

10. Dat ons krag in die eerste instansie in ons Skepper le en dat slegs 'n gesamentlike poging van al ons volksgenote om ons Boervolk te bevry ( van die juk van die vreemde volke onder wie se heerskappy ons staan ) , ons vryheid kan bewerkstellig.

BEKERING - BESKERMING - BEVRYDING dit is die pad wat ons gaan loop.

 
   
 
Geloftevolk Republikeine Weskaap

Weskaap Kantoor

Bevelvoerder - Kol A Horn

021 903 4248 / 072 124 9227

E Pos: admin@geloftevolkrepublikeine.org / geloftevolkwk@gmail.com

Webwerf: www.geloftevolkrepublikeine.org

GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE WESKAAP
WEBWERF




http://geloftevolkrepublikeinegermany.page.tl/GR-Koerant.htm

 
     
 
Antonie Horn

More vriende,
Vanmore sit ek met 'n bors wat ver uitsteek van trots op my span in die Weskaap. Lojale mense met respek vir mekaar en vir ander mense. Gister was 'n baie suksesvolle dag met die 2 vergaderings, een in Worcester en een in Hermanus.

Ek wil baie dankie se aan ons Leier, Andre Visagie, dat hy teenwoordig was en die pragtige toesprake wat hy gelewer het. Oom Andre u is 'n leier duisende en ons het baie groot respek vir u. Ook wil ek baie dankie se vir ons Worcester offisiere, o/offisiere en lede wat als moontlik gemaak het, julle relings was puik!!!!

Dankie ook aan al my offisiere, o/offsiere en lede wat uit die skiereland gery het om die vergaderings by te woon. Dis weer 'n bewys julle harte is reg en julle is 'n aktiewe span wat nie huiwer om dinge te doen nie

Van nou af gaan die Geloftevolk Republkeine Weskaap net vorentoe en groter!!

Kyk na die fotos!!! Almal lede!!!! Binne net 3 maande!!!!! En almal was nie eers daar nie!!!!!

DIT SE ALLES VAN DIE GR WESKAAP!!!!!!!

Groetnis
Kol Horn

 
 
  
 
 
 
     
 
 
   
 
 
   
 
 
   
 
 


WELCOME TO THE GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE WESKAAP .. A HOMEPAGE TO SHARE TO THE VOLK AND DIE GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE IN SOUTH AFRICA..VIR GOD..VOLK en VADERLAND .
 
 



   



Die Geloftevolk Republikeine

  • Geloftevolk Republikeine  >>

     Andre Visagie  The Leader of the Geloftevolk Republikeine
  • Republikeine GR
  • Johan Potgieter KG
  • Andries Terre Blanche , Broer van Oorlede AWB Leier - Eugene Terre Blanche



Geloftevolk Republikeine Weskaap
  • Geloftevolk Republikeine Weskaap >> Antonie Horn
  • admin@geloftevolkrepublikeine.org of
    geloftevolkwk@gmail.com
    tel nommer:021 903 4248 0f 072 124 9227



Geloftevolk Republikeine Germany
  • Geloftevolk Republikeine Germany >> Andy Dezius Web Desighner and Group Leader in Germany


Die Geloftevolk Republikeine


  • Geloftevolk Republikeine Botswana >>
leonsmit07@gmail.com
LEON SMIT



 






 





 

Maar Julle mag on Google Blog Gaan Kyk solank
follow the link below.Dankie
http://geloftevolk-republikeine-germany.blogspot.de/

Of op Facebook


FACEBOOK
https://www.facebook.com/groups/1582524935317565/

Naandse vriende,
Enige navrae of aansluitings kan gestuur word na admin@geloftevolkrepublikeine.org of geloftevolkwk@gmail.com Dit is ons vaste e pos adresse vir die Weskaap wat direk by my uitkom. Vriende hier teen Vrydag sal die webwerf ook klaar wees en sal ek die adres gee dat u kan gaan kyk.

Groetnis

https://www.facebook.com/groups/440498055981525/





geloftevolk-republikeine-weskaap.page.tl

TEKEN IN ASSEBLIEF IN ONS GASTE BOEKIE
DANKIE GROETE GRG..


ALL RIGHTS RESERVED TO Geloftevolk Republikeine Germany TILL 2018


 




WESKAAP
GERMANY

G R

BENONI / BOKSBURG

NUUSBLAD


GOOGLE BLOG

V S

GELOFTEVOLK 777
FRIENDS WORLD WIDE








Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis
Today, there have been 1 visitors (2 hits) on this page!


This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free